Joan Sutherland

Joan Sutherland
Sutherland in 1975
Gebore
Joan Alston Sutherland

(1926-11-07)7 November 1926
Sterf10 Oktober 2010 (op 83)
Les Avants, Vaud, Switserland
Ander nameLa Stupenda[1]
Alma materKoninklike Musiekkollege
BeroepOperasanger
EggenootRichard Bonynge (1954–2010, haar dood)
Kinders1

Joan Alston Sutherland, (7 November 192610 Oktober 2010)[2] was 'n Australiese coloraturasopraan wat bekend is vir die bydrae wat sy gelewer het tot die herwaardering en oplewing van die belcantorepertorium vanaf die laat 1950's tot die 1980's.

Haar stem het oor buitengewoon akkurate intonasie, presiese staccatos[3] en 'n geweldige boonste register beskik, alhoewel musiekkritici dikwels gekla het oor die onakuraatheid van haar diksie. [4]

Sutherland was die eerste Australiër om 'n Grammy te wen vir die beste klassieke stemsolo (met of sonder orkes) tydens die 4de jaarlikse Grammy-toekennings in 1962.

  1. McVicker, Jason (11 Oktober 2010). "Remembering 'La Stupenda'". NPR (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 4 Januarie 2019.
  2. "Australian soprano Dame Joan Sutherland dies". Brisbane Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2014.
  3. "Icons of Opera – Dame Joan Sutherland" Geargiveer 2 April 2015 op Wayback Machine, Opera Britannia (6 Julie 2009). Opgespoor 27 September 2010.
  4. Major, Norma (1992). "Sutherland, Dame Joan". In Sadie, Stanley (red.). The New Grove Dictionary of Opera. Vol. 4. London: Macmillan. p. 612.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne